Home arrow Cancer Benefit

Cancer Benefit

The Kliplapa has sponsored the Rozèl Pienaar Cancer Benefit annualy around July/August since 2008, the event takes place over the weekend starting on the Friday ending on the Sunday. The main event on the Saturday normally includes a 3 course meal in the form of a spit braai.

Tickets bought for the weekend goes towards the benefit, including accommodation and the main meal. If you are interested in being part of this exciting event at the Kliplapa, please contact any of the trustees below, the bank details are also there if you would like to make a donation towards the fund.

ROZèL  PIENAAR  BYSTANDFONDS
TRUST NO:   IT1540/2006
POSADRES: ELLISSTRAAT 3 WORCESTER 6850
TRUSTEES: PIETER PIENAAR (0724504462),  KOBUS PRETORIUS(0828298968),  HUGO GERBER(0832267806),  HUGO KILIAN(0823733114).
ABSA TJEKREKENING :   4065082417

1.    Ons vertrou u het al gehoor van die genoemde fonds.  Met die fonds poog ons om verligting aan pasiente en hul naasbestaandes te kan bring rakende die mediese uitgawes wat kankerbehandeling behels.  Enige kankerbehandeling beloop etlike duisende rande wat niemand voor kan begroot nie.  Met die fonds wil ons graag sodanige persone help.

2.    Genoemde is die rede waarom die fonds gestig is.  Die trust is geregistreer op die 12de April 2006.  Om fondse te genireer moet ons gereeld fondsinsamelings hou om ons fondse aan te help.  Aangesien die geld uit die gemeenskap van Worcester en opliggende dorpe kom, word die geld ook hoofsaaklik plaaslik aangewend.

3.    Tot op hede kon die trust reeds verskeie donasies maak in die totale bedrag van R159 300-00.  Ons besef terdee dat dit niemand se probleme opgelos het nie, maar weet verseker dat dit verligting gebring het.

4.    Die funksies lok altyd persone van ons distrik asook ‘n groot getal van buite.  Dit dien dus as ‘n goeie advertensie medium vir die fonds en vir die tipe mense wat Worcester  het.  Mense wat omgee vir mekaar.

5.    Ons wil u dan uitnooi om betrokke te raak in die fonds.  U kan self besluit hoe u bertokke wil raak.  Ons wil u ook verder uitnooi om persone wat met kanker gediagnoseer is en wat moontlik ons hulp nodig kan kry onder ons aandag te bring by genoemde adres of kontak nommers. Ons vertrou u sal ons in ons poging steun.

7.    Om die funksies ‘n sukses te maak benodig ons u ondersteuning.  Ons nooi u graag uit om of ‘n tafel te borg vir u kliente of ‘n tafel op te maak saam met u vriende.  Ons benodig altyd items as gelukkige trekkings of om op te veil.

8.    Gebruik hierdie geleentheid om ‘n verskil te maak.

9.    By voorbaat dank.

Trustees

NS.  HELP ONS OM ANDER TE HELP.

Comments - 2011



...read more